Picture pretty

Ons is so te sê reeds ingetrek. Ek weet reeds waar watter meubels staan, wat ons met die 2e en 3e slaapkamer doen, en waar ek my man moet gaan soek omdat hy my dalk nie hoor roep nie.

Ons gaan mekaar moet roep. Kan jy glo. Die plek waar ons nou bly voel vir my kompleet asof ons in ‘n eenkamer-vertrek woon, lewe, slaap. Ons almal weet dis nie waar nie, maar jy weet wat ek bedoel.

Anyway, ek en Jono is albei saam verlief op die inspirasiefoto vir ons nuwe kombuis. Dit voel soos Parys. Nie country-farmstyle nie. Maar soos Parys. Ek lieg. Ek weet nie hoe Parys voel nie. Ek was nog nooit in die een in SA nie, en nog minder die een oor die see. Maar weet jy, dit gaan fabulous wees. Genuine. Ek belowe.

Ek en lief gaan nie daar staan en ons besluite oor en oor oordink soos wat ons met alles maak nie. Die styl is net reg. En die backsplash, blou. Kyk hierso, dis wat ek bedoel.

So toe vind ons onsself Saterdag middag by die Hillfox-vlooimark. Nadat ek eintlik wou sê: “Love, let’s just go home and chill with a movie“. But, you and I both know we didn’t go home. Not just then.

We were in the very last aisle of the market and a little tower caught my eye.

Shop owner: There’s other nicer paintings of the Eiffel. This is just a sample.

Me: How much for the sample then?

Ek’t nog nooit so breed geglimlag nie. We bought our very very first art. We call her Paris. We believe we’ll go visit her for real one day.

Maar nee. Nog nie. Ons plek is nog nie verkoop nie en voor ons ‘n aanbod op ons huis in Auckland Park kan maak, moet ons ons plek verkooop.

Ek huil sommer.

Auckland Park-huisie, wag vir my, toe?

Advertisements

Penny for your thoughts...

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: